‘n Man is in die vroeë oggendure gevind waar hy buite sy huis in Oakford, KwaZulu-Natal dood in ‘n plas bloed lê.
Reaction Unit South AFrica het om ongeveer 00:33 ‘n oproep vir hulp ontvang nadat ‘n familielid van die man hom ontdek het.
Met aankoms op die toneel het Rusa-reaksiebeamptes en paramedici die man gevind waar hy in ‘n plas bloed met ‘n diep laserasie (skeurwond) aan sy linkerpols lê.
Volgens ‘n familielid was die man na bewering by ‘n partytjie waar hy glo alkohol gebruik het. Hy het glo besluit om huis toe te gaan.
‘n Gebreekte venster is aan die voorkant van die huis opgemerk met bloed op die grond, die deur en mure aan die buitekant van die huis.
Daar word geglo dat die oorledene die venster gebreek het waartydens hy ‘n snywond opgedoen het wat bloedverlies veroorsaak het, wat tot sy dood gelei het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



