Stephen “tWitch” Boss, die minlike DJ van die Ellen DeGeneres Show en danser wat bekendheid verwerf het op So You Think You Can Dance, het minder as 24 uur voor sy selfdood ‘n video waarin hy dans op sy TikTok-rekening gedeel.
Twitch is Dinsdagoggend omstreeks 11:25 in die Los Angeles-voorstad, Encino, dood verklaar.
Volgens CNN het hy homself by ‘n hotel ingeboek, sy foon op vliegtuigmodus gesit en homself geskiet.
Hy en sy vrou, Allison Holker Boss, het net ‘n paar dae vantevore hul negende huweliksherdenking gevier. Die egpaar het drie kinders saam.
Volgens Daily Mail het hy en Allison minder as ‘n maand gelede tydens ‘n onderhoud gesê dat hulle graag nog ‘n kind wil hê.
Twitch het Allsion se dogter, Weslie, uit ‘n vorige verhouding aangeneem.




