VRMED is omstreeks 17:10 na ‘n botsing by die kruising van Kenneth Kaunda- en Versaillesweg in Bayswater, Bloemfontein ontbied
Met hul aankoms op die toneel het hulle twee voertuie aangetref wat gebots het en daartoe gelei het dat een voertuig ‘n boom getref het.

Die bestuurder en tweejarige passasier was gelukkig om net geringe tot matige beserings op te doen, aangesien die babastoeltjie die veiligheid van die kind verseker het.
Die passasier van die tweede voertuig het matige beserings opgedoen terwyl die bestuurder lig beseer is.
Al drie beseerdes is na Rosepark-hospitaal vervoer vir verdere sorg.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



