Sunette Bridges, dogter van die bekende minnesanger, wyle Bles Bridges, het die vrystelling vier ure gelede op haar Facebook-blad gemaak.
Sy en Werner Beukes het hierdie nuwe liedjie genaamd Bosveld Vure spesiaal vir Die Broers geskryf.
Die twee het ook die verwerking gedoen terwyl Bridges se seun, Dewan Roets, met die video se vervaardiging betrokke was.
Sunette het die volgende gesê: “‘n Liedjie uit my hart aan almal van julle oor hierdie Kerstyd en so gepas op hierdie Gelofdedag… Sx”
Sunette het haar Facebook-vriende deurentyd op hoogte gehou van wanneer die vrystelling gaan plaasvind, aangesien sy ook trots in die liedjie sing en soos sy dit stel haarself “voor ‘n kamera moes waag.”
Hierdie dinamiese duo, Sunette en Werner, het Ek Wens vir Ray Dylan geskryf wat op 2 Desember reeds oor 100 000 klieks bereik het, asook ‘n country-liedjie, genaamd Feels Like a Memory vir ‘n kuntstenaar in Amerika wat Jordan Pickett heet.
Pickett se liedjie is opgeneem en die video daarvan is ook deur Roets verfilm en vervaardig.
Al die liedjies kan of van Bridges se Facebook-blad of van die sangers af op YouTube gekry word. Gaan kyk en luister en laat weet gerus wat jy dink.
“Elke keer wat ek daarna luister, rol daar ‘n lastige traan oor my wang… ‘n Liedjie van Liefde en Hoop uit my Boerehart… Sx”
Die Broers het die volgende plasing gemaak:
Dit is met groot trots dat ons hierdie lied vandag bekendstel! Dis n lied van hoop en toekoms verwagting vir almal wat ons land en sy mense liefhet.
Daarom ook baie gepas dat ons hom op hierdie baie spesiale herdenkingsdag met julle kan deel.
Ons vriende, Sunette Bridges en Werner Beukes het nie net die liedjie geskryf nie, maar ook die musikale versorging daarvan in hulle studio ”Rivers and Bridges” in Amerika behartig.
Dit is dan ook ‘n massiewe voorreg dat hulle albei saam met ons die lied uitvoer.
Verder het ons dan ook ‘n musiekvideo opgeneem waarvan die SA-gedeelte se opname deur B Promotions behartig is.
Baie dankie ou Burre Burger, Cameron en Werfie vir julle onbaatsugtige bydrae in hierdie verband. Dankie aan Dewan van “Rivers and Bridges” wat die regie van die video hanteer het.
My wens is dat die lied inspirasie en hoop sal toevoeg tot jou lewe.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



