Meisie (14) raak vermis toe sy salon besoek

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Lady Frere vra die gemeenskap se samewerking om die 14-jarige Alulutho Phuphu op te spoor.

Alulutho is Saterdag om 09:00 laas by Zingqolweni gesien toe sy op pad na ‘n haarsalon was. Sy het nooit teruggekeer huis toe nie.

Haar ouma het na haar selfoon gebel. ‘n Man het glo geantwoord en geld van haar ouma geëis.

Alulutho het ‘n blou denim en swart hemp aangehad.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 073 173 7839 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel