‘n Man is Donderdag net na 13:00 in sy motor in Durban doodgeskiet.
Emer-G-Med-paramedici saam met ALS-paramedici is om 13:30 na die toneel van ‘n skietvoorval op die N3 naby Sherwood ontbied.
‘n Mercedes Benz met hoë kaliber koeëlgate is op die toneel gevind.
Die bestuurder en enigste insittende van die voertuig, ‘n man wat vermoedelik ongeveer veertig jaar oud is, het noodlottige beserings opgedoen en is met paramedici se aankoms dood verklaar.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens was teenwoordig en sal dienooreenkomstig die nodige ondersoek doen.



