Elon Musk is nie meer die rykste persoon op aarde nie.
Die 51-jarige Musk het dié posisie Dinsdag verloor teen die hoof van Louis Vuitton, Bernard Arnault.
Musk se Tesla-aandele, wat hom vanjaar meer as $100 biljoen uit die sak gejaag het, het gedaal, berig die Bloomberg Billionaires Index.
Die 73-jarige Arnault is nou $170,6 biljoen werd.
Musk staan volgens die Bloomberg-indeks nou op $163,1 biljoen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



