Bongiwe Praise Magwaza (22) sal na verwagting vandag in die Boksburg-landdroshof verskyn op aanklag van die moord op haar kêrel, ‘n polisiebeampte.
Volgens die SAPD is sers. Kgopotso Ntsana (34) op 2 Desember glo deur sy meisie vermoor. Daar het glo ‘n rusie tussen die twee by Leomakalapa langs die Windmill Park Estate in Boksburg uitgebreek.
Die polisiebeampte het na bewering sy meisie se hare gesny voordat sy hom gesteek en geskiet het.
Die verdagte het glo na die voorval na ‘n vriend se huis in Germiston gevlug. Toe sy die volgende dag na hulle huis terugkeer, het sy die bure en owerhede van die moord ingelig.
Sy is later op die moordtoneel in hegtenis geneem. Sy het op 7 Desember in die hof verskyn en die saak is na vandag uitgestel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



