Feestelike Kersfeesbolletjies

Deel hierdie storie / Share this story

Versier jou Kerstafel vanjaar met dié heerlike, feestelike Kersfeesbolletjies, ‘n resep van Marlene Schoeman.

Bestanddele:

200g bruin baksjokolade
50g botter
180g malvalekkers
100g Coco Pops Rice Crispies
100g Oreo-koekies in klein stukkies gekap
100g rooi glanskersies in stukkies


Metode:

Smelt botter en baksjokolade in ‘n mikrogolfoond of in ‘n dubbelkoker.

Voeg malvalekkers by om ook te smelt.

Roer Coco Pops, stukkies Oreo-koekies en glanskersies saam.

Maak hande nat, maak bolletjies en plaas op was- of bakpapier.

Koel af in yskas.

Smelt ‘n bietjie wit sjokolade, drup oor bolletjies en versier met fondant-kersversierings. Siedaar! Die lekkerste Kersfeesbolletjies.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel