Eskom het Woensdag bevestig dat André de Ruyter uit sy pos as hoof van Eskom bedank het.
In ‘n verklaring sê Eskom dat De Ruyter ingestem het om nog vir ‘n ekstra tydperk, langer as die 30 dae kennis ter will van kontinuïteit, aan te bly terwyl die kragvoorsiener dringend na ‘n geskikte opvolger sal soek. Sy laaste dag by Eskom sal 31 Maart 2023 wees.
“Dit was ‘n eer en ‘n voorreg om Eskom en Suid-Afrika te dien,” sê De Ruyter. “Ek wens al die hardwerkende persone van Eskom net die beste toe.”
Lees die volledige verklaring hier:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



