Driedubbele moord – twee susters en een se tienerseun dood

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggame van drie persone – twee vrouens, onderskeidelik 46 en 54, sowel as ‘n seun (15) – is vanoggend om ongeveer 05:45 in Marlinstraar, Nooitgedacht, Bishop Lavis ontdek. Die drie slagoffers is glo familielede van mekaar.

Die ontdekking van die grusame driedubbele moord is Woensdag voor 06:00 deur bure gemaak toe al drie die slagoffers se liggame na bewering agter in die erf van die huis ontdek is. Volgens inligting is die twee vrouens glo susters en die kind die jongste suster se seun.

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het bevestig dat al drie die slagoffers beserings aan hul koppe gehad het, maar het nie bevestig watse tipe wonde dit is nie.

“SAPD is besig met ‘n ondersoek na omstandighede wat gelei het tot die massamoord nadat die drie persone vermoor is.”

Enigiemand met inligting ten opsigte van die misdaad word versoek om met Stop Misdaad 08600 10111 in verbinding te tree.

Bron: SAPD en Daily Voice

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.