Inwoners van Nooitgedacht in Bishop Lavis is geskok nadat drie mense Woensdagoggend omstreeks 05:45 in dié buurt vermoor is.
Die liggame van twee vroue, onderskeidelik 46 en 54 jaar oud, asook die liggaam van ’n jong seun (13) met erge kopbeserings, is buite ’n huis aangetref.
Dit was beurtkrag in die area, wat as ‘n stil en rustige area beskou word, toe die drie persone vermoor is.
Volgens die polisieverklaring word daar nog vasgestel of die slagoffers geskiet is, of gesterf het weens erge aanrandingstrauma.
Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede word nog ondersoek.



