In ‘n polisiebeampte se hele loopbaan is daar geen trotser oomblik as om as ‘n splinternuwe konstabel vir die uitpasseringsparade aan te meld nie.
Op die video kom die verskeie kompanjies en pelotonne oor die paradegrond by die Tshwane-polisiekollege aangestap om hul plekke in te neem vir hul uitpassering om ‘n aanvang te neem.
Daar vind vandag 13 Desember en môre 14 Desember landswye uitpasseringsparades plaas om die nuwe meer as 9 000 konstabels in die SAPD te verwelkom, waarna hulle na hul verskeie standplase uitgeplaas sal word om diens te begin.
Die spesifieke parade word deur president Cyril Ramaphosa, minister Bheki Cele en genl. Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van polisie bygewoon, wat ook die parade sal inspekteer.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



