KYK: Eerste Kersfeeskaartjie met koning Charles en Camilla

Deel hierdie storie / Share this story

Koning Charles III en Camilla, koningin-gemaal, het hul 2022-Kerskaart vrygestel, met ‘n foto wat dae voor koningin Elizabeth se dood in September geneem is.

Die koninklike familie het Sondag die Kerskaartjie op Twitter gedeel. Vanjaar se Kerskaart bevat ‘n foto van Charles en Camilla by die Braemar-spele in Skotland op 3 September, met die boodskap: “Wens jou ‘n baie gelukkige Kersfees en Nuwejaar toe.”

Die foto is deur die koninklike fotograaf Samir Hussein geneem en is persoonlik deur die koning en koningin-gemaal gekies, volgens ‘n persverklaring van Buckingham-paleis wat aan Insider gestuur is.

Op die foto is Charles geklee in ‘n tweedbaadjie. Camilla, wat ‘n groen baadjie en bypassende hoed aanhet, glimlag liefdevol vir haar man.

Die foto is geneem vyf dae voordat koningin Elizabeth op 8 September by die Balmoral-kasteel gesterf het. Sy was 96.

Dit is die eerste Kerskaartjie wat deur die nuwe koninklike egpaar vrygestel is sedert Charles die troon bestyg het.

“Regtig trots daarop dat my foto vir ’n tweede agtereenvolgende jaar as die King & Queen Consort se Kerskaartjie gekies is,” het Hussein op Twitter opgemerk.

Die egpaar se 2021-Kerskaart het ‘n intieme foto bevat van Charles wat Camilla se masker regtrek by die Royal Ascot.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel