Al meer liggame op dié strande gekry

Deel hierdie storie / Share this story

Gemeenskaplede langs die kus van Valsbaai sê hulle strande het ‘n plek geword waar al hoe meer liggame van mense ontdek word.

Plaaslike polisieforums sê liggame word op strande in Mnandi, Monwabisi en Macassar “gedump”. Dit is in areas by Mitchells Plain, Khayelitsha en Macassar.

’n Woordvoerder van die wetstoepassing van die Stad Kaaptad, Wayne Dyason, sê die strande is “gebiede van kommer”.

Hy sê ’n paar liggame is al oor die jare in dié areas gekry en die rede hiervoor is dalk omdat die areas afgesonder is, veral na-ure.

“Die wetstoepassing se beamptes patrolleer daagliks, maar dit is moeilik in die nag, omdat daar geen beligting is nie.”

Dyason sê daar is al arrestasies gedoen.“Die polisie is die hoofagentskap om misdaadvoorkoming te doen. Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsdepartemente doen soveel moontlik met minimum hulpmiddels.”

’n Polisiewoordvoerder, sers. Wesley Twigg, sê die liggaam van ’n onbekende man is Saterdagmiddag op Monwabisi-strand gekry. ’n Saak van moord word ondersoek

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel