Vyf kinders, sewe volwassenes dood toe taxi en vragmotor buite Bfn bots

Deel hierdie storie / Share this story

Twaalf mense is dood en verskeie ander is beseer nadat ‘n taxi en ‘n vragmotor vroeg Maandagoggend reg van voor teen mekaar gebots het.

Volgens ER24 het die ongeluk op die N1-hoofweg naby die Verkeerdevlei-plaza buite Bloemfontein plaasgevind.

ER24, provinsiale nooddienste en Life Healthcare was omstreeks 03:15 Maandagoggend op die toneel waar hulle die taxi op sy dak in die veld aangetref het. Verskeie passasiers het om die taxi gelê.

Paramedici het die beseerdes geassesseer en twaalf mense, onder andere vyf kinders, is op die toneel dood verklaar. Niks kon vir hulle gedoen word nie.

Verskeie ander persone het ernstige tot kritieke beserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hulle na hospitale geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar owerhede was op die toneel vir ‘n ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel