Mike Bolhuis het aangebied om vroueslaner Jaco Swart verniet op te spoor, sodat sy vrou Nicoleen hul egskeiding kan finaliseer.
Die Motor Industry Staff Association (MISA) het dit gister op hul Facebook-blad gedeel.
Bolhuis sê dit is net regverdig dat Nicoleen die geleentheid kry om ‘n bladsy om te blaai wat sy nie kan doen terwyl hul egskeiding nog nie gefinaliseer is nie.
Swart is in die Pretoria-Noord-landdroshof skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat video’s hoe hy Nicoleen aanrand op sosiale media versprei is. Hy het met ‘n boete van R20 000 weggekom, wat menige warm onder die kraag gelaat het.
Bolhuis sê hy gaan nie jag op die man maak nie, maar wil hom die geleentheid gee om die regte ding te doen nadat hy steeds wegkruip omdat baie mense dreig om hom ook aan te rand indien hulle hom in die hande kan kry. Daar is ook die bestaande probleem dat hy nie onderhoud sal kan betaal nie, omdat niemand hom in diens sal neem nie.
Nicoleen is MISA se gesig van 16 Days of Activism teen GBV.
“If het co-operates with Specialised Security Services, I will be prepared to protect him and help him to get his life back on track to enable him to earn a living and contribute to the maintenance of his sons. That is the only way he can rehabilitate and make amends,” sê Bolhuis.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



