Deel asb. om Sean Domingos Maxwell te help opspoor

Deel hierdie storie / Share this story

Sean Domingos Maxwell (41) word sedert 4 Julie 2022 om ongeveer 12:00 van die plek waar hy gebly het te Hercules in Pretoria, vermis.

Die Hercules-SAPD se saaknommer is 02/09/2022.

Maxwell was te voet en is nog nooit weer gesien nie. Sy familie wil graag met hom herenig word.

Hy is slank gebou het ‘n Chinese tatoe op sy linkerarm en was geklee in ‘n grys of swart sweetpak met seilskoene. Sy oë is bruin van kleur en hy het ligtebruin hare. Hy is 1.7 m lank en weeg 65 kg.

Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in kontak kom:

Ondersoekbeampte – Konst. Apanane: 012 377 4921

Carina Bam: 071 243 3065

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.