OTM’e opgeblaas in verskillende provinsies

Deel hierdie storie / Share this story

Verskeie OTM’e is onlangs deur diewe geteiken.

Op Woensdag 7 Desember om ongeveer 02:00 het vermeende OTM-bombers ‘n masjien van Absa in Voortrekkerstraat, Lydenburg opgeblaas. Hulle het daarin geslaag om die plofstof te detoneer, maar het met leë hande gevlug.

Polisie het na die toneel gehaas en terwyl geen arrestasies tot op hede gemaak is nie, is hulle besig met die ondersoek.

In Springs is ‘n FNB OTM by die Engen-vulstasie op die hoek van South Main Reef en Paul Krugerstraat, in Rowhill opgeblaas.

Barend van Heerden, Springs GPF-voorsitter, het op die Springs GPF Facebook-blad gesê dat hierdie die agtste voorval van hierdie aard in ongeveer 11 weke in die areas van Springs, Kwatema en Tsekane was.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.