Vrou byna blind nadat sy haar oë laat tatoeëer

Deel hierdie storie / Share this story

’n Ma wat haar oë laat tatoeëer het, is nou “op die punt om blind te word”.

Anaya Peterson (32) is deur die model Amber Luke geïnspireer om die riskante prosedure te ondergaan.

Fotokrediet: Amber Luke

Al is haar “afgod” se visie aanvanklik tydelik beskadig deur die ink, het dit nie die ma-van-vyf afgesit nie.

“Ek wou eers net ‘n eenoogtatoe kry, want ek het gedink as ek blind word, het ek ten minste die ander oog. Ek moes by daai besluit gehou het.”

Anaya, van Belfast in Noord-Ierland het aanvanklik geen groot komplikasies opgemerk nie.

Nadat sy in Julie 2020 onder die naald was om haar regteroog blou te laat ink, het sy droogheid en hoofpyn begin ervaar. Aangesien die simptome maande lank nie te erg was nie, het sy besluit om haar linkeroog Desember pers te laat tatoeëer.

In Augustus 2021 het haar oë so opgeswel dat dit gelyk het of sy “vyf rondtes teen Mike Tyson geboks het.”

Sy sê sy is in die hospitaal opgeneem nadat sy haar oë laat tatoeëer het – en loop nou die risiko om katarakte te ontwikkel.

 “Dit was traumaties om deur te gaan. Ek het nie meer 20/20 visie nie. Van ‘n afstand af kan ek nie kenmerke op gesigte sien nie.”

Al herstel Anaya ná hospitaalbehandeling, is sy spyt dat sy haar liggaam sodanig laat verander het dat haar sig verswak is. Sy is inderwaarheid op die punt om blind te word.

As sy die horlosie kon terugdraai, het Anaya erken, sou sy net oog laat tatoeëer het.

“As ek die tyd kon terugdraai, sou ek dit nooit laat doen het nie.”

Foto’s: The Mirror

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel