‘Ek het nooit gelieg nie,’ sê Marno se ma

Deel hierdie storie / Share this story

Marno Muller wat by sy skool aan sy baadjie se toutjie gewurg het en vandag weer weens koors en “aanvalle” in die hospitaal se ongevalle-eenheid is, se ma vra nou dat Suid-Afrikaners weer saamstaan soos toe daar met die vorige noodgeval vir haar seun geld ingesamel is.

Sy het vroeër aan FiND iT gesê dat Marno Woensdagaand reeds verskriklik koors gehad het en toe sy vanoggend gedink het sy koors is gebreek, het hy skielik begin ruk en bewe. Lees die vorige berig hier.

“Die mense val my nou verskriklik aan,” sê ‘n desperate Helga. “Ek het nooit gelieg nie.”

Bolhuis het vroeër gesê hy het deur sy ondersoek bevind dat daar bedrog gepleeg is met die geld wat vir Marno ingesamel is. Lees dié artikel hier.

Marno is tans steeds in die hospitaal in Springs se ongevalle-eenheid. “Hy slaap steeds, hy het nog niks geëet of gedrink vandag nie.”

“Ek soek nie ‘n sent nie. Ek wil net hê my kind moet gehelp word.”

Muller vra dat enige fondse direk in die hospitaal se rekening betaal word. ‘n Totaal van R35 000 moet volgens Helga aan die hospitaal oorbetaal word voordat Marno opgeneem kan word.

Sy vra ook dat die volgende saaknommer as verwysing gebruik word.

FiND iT het navraag gedoen by die hospitaal, maar wag nog vir terugvoer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel