Vermeende winkeldief se plan gefnuik

Deel hierdie storie / Share this story

Foto’s van “winkeldiefstal wat fout gegaan het” is op sosiale media te sien.

Die vrou wat uitgevang is, het glo ‘n “swanger maag” onder haar hemp gehad waarin sy items geplaas het sonder om daarvoor te betaal.

Kommentaar wissel van mense wat bekommerd is omdat sy arm is en swaar kry, na die winkelpersoneel wat verantwoordelik gehou kan word vir verliese en deur werksverlies in die gesig gestaar kan word, na arm mense wat sê al kry hulle swaar, pleeg hulle nie misdade nie.

Bron: Fying News Live en Belssings Ramoba Facebook-blad

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.