Vermeende kabeldief doodgeskok

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Onbekende man is Dinsdagaand in Shastri Park, KwaZulu-Natal doodgeskok.

Reaction Unit South Africa is om ongeveer 22:19 gekontak vir mediese hulp vir ‘n man wat glo geskok is terwyl hy na bewering hoëspanning- elektriese kabels van ‘n straatligpaal wou steel.

Rusa-personeel het ‘n man wat op die grond lê en nie reageer nie op die toneel gevind. Hy is dood verklaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.