Vermeende dwelmsmous op R60 in hegtenis vir dwelms van R2,8 m.

Deel hierdie storie / Share this story

Die Valke in die Wes-Kaap het Dinsdag 6 Desember ‘n vermeende dwelmsmous op die R60 tussen Robertson en Worcester in hegtenis geneem na hy glo in die besit van dwelms ter waarde van R2,8 miljoen gevang is.

Volgens Zinzi Hare, polisiewoordvoerder, is die 37-jarige verdagte in hegtenis geneem na die Valke op inligting reageer het dat die verdagte glo met ‘n voertuig vol Mandrax-tablette gery het. Die Valke het die voertuig gewaar, gestop en deursoek.

Die tablette is in ‘n weggesteekte kompartement van die voertuig gevind en is gekonfiskeer.

Die verdagte sal Donderdag in die Worcester-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel