Goedvoelstorie: Blouwildebeesversie klop letterlik vir hulp aan

Deel hierdie storie / Share this story
Foto’s verskaf

‘n Blouwildebeeskalfie het Maandag 6 Desember om ongeveer 16:00 by Elizma, wat naby Mokopane in Limpopo op ‘n wildsplaas bly, se kantoor opgedaag om “hulp te vra,” maar het toe weer weggehardloop.

Daar is vermoed die versie se ma kan moontlik dood wees, aangesien die diere in strikke gevang word.

Tydens ‘n swaar storm die aand het Elizma besluit om na die versie te gaan soek, maar toe sy buite kom, staan dié kalfie reeds by ‘n hekkie en wag. Almal het ingespring om die kleinding te versorg en Karin, Harold en ‘n wildsbestuurder het gehelp om haar droog, gevoer en gemaklik te kry.

Vasti, hul bure se Jack Russel, het dadelik die versie aangeneem totdat ‘n rehablitiasiesentrum van Vaalwater haar Dinsdag kon gaan haal het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.