‘n Babaseun (6 maande) word sedert Maandag 5 Desember uit Khayelitsha vermis.
Sers. Wesley Twigg sê die baba is glo deur ‘n onbekende vrou gevat en kon sedertdien nog nie opgespoor word nie. Die baba is klaarblyklik deur sy tante by die vrou gelaat toe sy in ‘n winkel ingegaan het, maar met die tante se terugkeer was hulle skoonveld.
Enigiemand met inligting oor waar die baba kan wees, kan met die ondersoekbeampte kapt. Trevor Nash van Khayelithsa-GKS kontak maak by 082 301 8910.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



