Plaasaanval: Sewe verdagtes vas na AfriForum-plaaswag reageer

Deel hierdie storie / Share this story

Op Vrydag 2 Desember 2022 het AfriForum se Argent-plaaswag reageer op ’n plaasaanval in die Delmas-distrik.

Alle moontlike ontsnaproetes is volgens AfriForum geblokkeer om te keer dat die verdagtes wegglip. Reaksiespanlede het twee van die voertuie wat in die aanval betrokke was, opgemerk en oorgegaan tot aksie.

Sewe verdagtes is in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel