Heerlike resep vir boerewors-frittata!
Bestanddele:
15 ml (1 e) olyfolie
500 g boerewors
4 groot aartappels, gekook en in skywe gesny
60 ml (¼ k) gekaramelliseerde uie
200 g (2 wiele) fetakaas, gekrummel
5 eiers, geklits saam met 60 ml (¼ k) melk
sout en peper
Metode:
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Voer ’n 20 cm-koekpan met tinfoelie uit.
Verhit die olie en braai die wors tot goudbruin en gaar.
Pak lae aartappel, uie, wors en fetakaas in die koekpan.
Geur die eiermengsel met die sout en peper en giet in die koekpan.
Bak 30 minute in die verhitte oond of tot gestol.
Laat effens afkoel en sny in skywe.
Sit voor saam met tamatieslaai.
Bron: Huisgenoot
Plasing & Foto: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



