‘n Seun (3) wat op Sondag 4 Desember vermis geraak het se liggaam is Maandag 5 Desember uit ‘n puttoilet in Tshino Ndiitwani Village, Vhembe-distrik, Limpopo gehaal.
Die kind was Sondag laas tussen 07:30 en 08:30 gesien.
Kol. Malesela Leswaba sê sy ouers het hom as vermis by die polisie aangemeld, waarna ‘n soek-en reddingspan wat die honde-eenheid, provinsiale soek-en-reddingseenheid, nood- mediese dienste en polisie ingesluit het, na hom begin soek het.
Die soekspan het op die erf waar die kind vir die laaste keer gesien was, gefokus.
‘n Hond van die honde-eenheid het by die puttoilet reageer waarna toetse gedoen is om te probeer vasstel wat binne-in is en dit is toe wat die seun se liggaam gevind is.
Hy is aan die plaaslike polisie oorhandig.
Lt.genl Thembi Hadebe, provinsiale kommissaris van polisie in Limpopo, het versoek dat ouers ekstra versigtig moet wees en ekstra sorg aan die dag moet lê wanneer hulle na hul kinders kyk, om soortgelyke insidente te vermy.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



