KYK: Skokvideo van gewonde kaper wat na wegkomvoertuig kruip

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Skokkende video waarin ‘n kaper na ‘n wegkomvoertuig probeer terugkruip nadat hy in ‘n kapingspoging geskiet is, word wyd op sosiale media versprei.

In die video van twee minute is ‘n Toyota Fortuner besig om stadig te parkeer by ‘n parkeerplek in Warner Beach in die suide van Durban. Sekondes later nader vier gewapende verdagtes die motor.

Een van die verdagtes dwing die bestuurder van die Fortuner uit die motor en begin hom deursoek. Twee vroulike passasiers word dan, hande in die lug, uit die motor gelei.

Dit lyk dan asof daar op die Fortuner geskiet word wanneer die kapers probeer om met die motor weg te jaag. Die kapers ry in ‘n hek vas en die gewonde bestuurder val uit die motor en probeer na die wegkomvoertuig kruip met wat lyk soos ‘n wond aan sy been.

Die wegkomvoertuig jaag vervolgens weg met die beseerde man wat aan die deur hang.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het die voorval op 3 Desember in Kingswaystraat in Winklespruit plaasgevind.

Kyk die video hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel