Die DBV in Bloemfontein het Sondag ‘n brandmaer en verwaarloosde pitbull op ‘n ashoop in Bloemfontein gaan haal.
Reinet Meyer, hoofinspekteur by die DBV, sê hulle het Sondag ‘n oproep oor ‘n hond van sekuriteitsbeamptes by die ashoop ontvang. Lede het die hond by die ashoop in Suidpark gaan haal.
“Sy was baie maer en verwaarloos. Die hond het hondesiekte en brandsiek gehad en haar agterlyf was heeltemal verlam. Sy het ook ‘n groot kankergewas aan die agterbeen gehad.”
Meyer sê die DBV weet nie wie die teef se eienaars is nie, maar dat hulle besig is met ‘n ondersoek.
Die hond is genadedood toegedien.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



