‘My ma is ontvoer toe ek drie was, ek glo sy is nog daarbuite iewers’

Deel hierdie storie / Share this story

Die 33-jarige Colleen Spinola sê sy glo nog vas en vertrou dat haar ma, wat in Seepunt in Kaapstad ontvoer is toe sy maar drie jaar oud was, daarbuite is.

Spinola sê haar ma het haar die oggend in 1992 by haar dagsorg gaan aflaai. “My ma het nooit van vervoer gebruik gemaak nie. Sy het my soggens te voet by die dagsorg afgelaai en as sy daarna vir werk iewers heen moes gaan, het sy sommer met ‘n taxi gery.”

Spinola vertel haar ma het die spesifieke oggend vir ‘n taxi gewag toe ‘n taxibestuurder by haar gestop het en haar in die taxi ingeboender het. Van daar af het sy haar ma nooit weer gesien nie.

Spinola vertel in trane dat sy niks van haar ma kan onthou nie en dat sy slegs een foto van haar het.

Sy vertel hartseer van haar eie twee dogters, nou drie en 14 jaar oud. “Dit was en is maar nogsteeds baie moeilik om alles sonder my ma aan te pak. Veral omdat ek nie weet waar sy is nie en sy nooit gekry is nie.”

Spinola sê sy wonder gereeld waar haar ma is en of sy vandag iewers saam met ‘n nuwe gesin is.

Haar ma is destyds as vermis aangemeld, maar na die polisie baie lank met helikopters na haar gesoek het, het hulle die saak laat vaar.

“Ek glo in my hart dat sy nog eendag gaan uitkom.”

Kontak Spinola by 063 857 9259.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel