Na maande se bespiegelinge het Amor Vittone (50) erken sy is verlief.
In ‘n onlangse onderhoud op Jacaranda FM se Breakfast With Martin Bester, erken Vittone dat sy en die plastiese chirurg, dr. Charles Serruier (47) in ‘n verhouding is.

Sy sê Charles ken musiek en dat hy ook musiek kan skryf, wat haar inspireer om ‘n beter mens te wees.
Amor het aan Huisgenoot vertel dat sy en Charles mekaar op ‘n toe-oë-afspraak ontmoet het.
Sy het vir ‘n gemeenskaplike vriend van haar en Charles gesê sy is weer reg vir liefde, waarna hy die twee toe aan mekaar voorgestel het. Die twee was vir hul eerste afspraak na ‘n Griekse restaurant in Parkhurst.
“Ek en Charels pas baie goed saam en is baie dieselfde. Ons lag baie en het baie fun saam.”
Charles se vrou is oorlede en hy het twee kinders.
Amor beskryf Charels as funky en nederig en vertel hy ry ook motorfiets.
“Hoewel hy Engels is, kan hy ook Afrikaans praat – met ‘n aksent.”
Amor was voorheen getroud met die Springbokrugbyspeler, Joost van der Westhuizen. Hulle het in 2011 geskei en het twee kinders saam.
Van der Westhuizen is in 2017 op die ouderdom van 45 oorlede aan amiotrofiese laterale sklerose (ALS) ‘n aggressiewe vorm van motorneuronsiekte, nadat hy in 2011 daarmee gediagnoseer is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



