Karlien en spanmaat wen Tropika Island-uitdaging

Deel hierdie storie / Share this story

Karlien van Jaarsveld en Ruan Scheepers is die naweek as die wenners aangekondig van die SABC 3 Tropika Island of Treasure All Stars-program.

In ‘n emosionele plasing op haar Instagram-blad sê die sangeres sy wag nog op ‘n antwoord van die Here oor wat sy met haar prysgeld moet doen.

Karlien en Ruan, wat aan fisieke uitdagings deelgeneem het, het as span elkeen R500 00 en pryse ter waarde van R250 000 van Suzuki losgeslaan. In haar plasing sê Karlien sy het nie verwag om te wen nie en dat dit ‘n tawwe uitdaging was.

“Ek het nog vir God gevra wat Hy wil hê ek met die prysgeld moet doen. Ek is nie seker of ek dit vir myself moet hou en of Hy ‘n ander plan in gedagte het nie.”

Die Afrikaanse sanger, Brendan Peyper en sy spanmaat, die TV-aanbieder Boitumelo “Melo” Moloto, en die akteur en regisseur Jonathan Boynton-Lee en sy spanmaat, die fiksheidsinstrukteur, Lelani Loots, was saam met Karlien en Ruan in die top drie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel