Ashley Lakey, die man van Kaapstad wat Vrydagaand as vermis aangemeld is, is dood gekry.
Sy liggaam is glo Saterdagoggend in die veld by St. Frusquinstraat in Sunnyside, Kaapstad, gevind. ‘n Verbyganger het die liggaam omstreeks 06:40 gesien en die polisie ontbied.
Ashley Lakey is Vrydagaand die laaste keer lewend by ‘n werksfunksie gesien.
Volgens Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, word ‘n saak van moord onderoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



