Die Blou Bulle-maatskappy het in ‘n verklaring bevestig dat een van hulle Vodacom Bulle-rugbyspeler, Sbu Nkosi, die afgelope drie weke vermis is, en het ‘n beroep op die publiek gedoen om die polisie te kontak met enige inligting oor waar Nkosi hom bevind.
Luidens die verklaring het Nkosi op 11 November laas kontak gehad met die spanbestuurders en van sy spanmaats. Die vleuel was sedertdien nog nie weer by enige oefeninge of vergaderings by Loftus Versfeld in Pretoria nie.
Na verskeie oproepe, boodskappe en vier besoeke aan sy huis kort nadat hy verdwyn het, het die bestuur besluit om ‘n saak van ‘n vermiste persoon by die Brooklyn-polisiestasie aanhangig te maak.
Die saak is op 17 November na die Sunnyside-polisiestasie oorgeplaas. Volgens die verklaring is almal, wat betrokke is by die Blou Bulle uiters bekommerd oor Nkosi se doen en late, maar kan hulle nie verder kommentaar lewer nie, omdat die saak deur die polisie hanteer word.
Mense met inligting kan die Sunnyside-polisiestasie kontak by 012 422 3600 of Crime Stop by 086 001 0111. Jy kan ook ‘n e-pos met enige inligting na [email protected] stuur.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



