Bebloede liggaam van vrou ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

Die bebloede liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde vrou is Saterdagoggend op ‘n voetpad in die omgewing van Springweg in Umdloti Heights KZN ontdek.

‘n Lid van die publiek was besig om vuurmaakhout langs ‘n paadjie bymekaar te maak toe sy die ontdekking gemaak het.

Sy het na ‘n besigheidsperseel in die omgewing gevlug en haar vonds aan werknemers gerapporteer, wat Reaction Unit South Africa (Rusa) vir bystand gekontak het.

Reaksiebeamptes en Rusa-paramedici is onmiddellik uitgestuur en was vinnig op die toneel. Die liggaam van ‘n vrou met enkele steekwond aan haar nek is ontdek. Haar rok was deurdrenk van bloed en tot bo haar middel gelig. Dit kon nie bevestig word of sy verkrag is nie.

Omstandighede oor die moord is in dié stadium onbekend.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel