Mike Bolhuis Specialised Security Services sê hy is woedend oor die vals inligting oor Willem Kruger wat op sosiale media versprei word.
Volgens Bolhuis word daar boodskapoe rondgestuur dat ‘n moordsaak ondersoek word en dat daar ‘n nadoodse verslag bekendgemaak is. Volgens Bolhuis sal dié verslag eers oor drie na vier weke bekendgemaak word.
Bolhuis sê daar kan geen gevolgtrekking gemaak word oor Willem se dood tot die verslag bekendgemaak word nie.
Bolhuis sê die berigte wat op sosiale media die rondte doen, moet net ignoreer word en dat die vals inligting die familie verder kan traumatiseer.



