‘n Motor het Saterdagoggend tot binne-in ‘n vulstasiegeriefsswinkel in Durban gery.
Vyf mense is in die ongeluk beseer wat omstreeks 07:30 plaasgevind het. Dit is nog onduidelik wat tot die ongeluk gelei het.
Volgens ALS-paramedici, is die bestuurder van die voertuig sowel as vier werknemers van die winkel beseer.
Hulle het geringe tot ernstige beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



