Die sangeres Sonja Herholdt het op 1 Desember haar 70ste verjaarsdag gevier. Sy skryf op Facebook:
“Op die vooraand van my 70ste verjaardag word ek aan hierdie ware woorde herinner:
“I am as young as my faith,
as old as my doubt.
as old as my fear.
as young as my hope,
as old as my despair.”
-Samuel Ullman
“Dankie aan almal wat belangstel en omgee! Dankie vir julle liefde en ondersteuning!
My hart loop oor en ek is dankbaar!
Ek kan dit nie beter sê as die liriek van hierdie liedjie nie!,” skryf sy op Facebook.
Herholdt is op die klein Gautengse myndorpie Nigel gebore en het op driejarige ouderdom haar eerste sangoptrede by die plaaslike gemeenskapontspanningsaal gemaak en die Afrikaanse wiegelied Slaap, my Kindjie, gesing.
Sy het die Afrikaansmedium-laerskool Tini Vorster en Hoërskool John Vorster bygewoon waar sy in albei hoofmeisie was en aan teateraktiwiteite deelgeneem het.
Sy het later ‘n diploma cum laude in onderwys behaal na drie jaar aan die Goudstad-onderwyskollege in Johannesburg.
Haar deurbraak het gekom toe sy in Gwynneth Ashley Robin se program verskyn het en gou gevra is om Ek Verlang Na Jou op te neem.
Die enkelsnit het goud in Suid-Afrika geword. Meer as 25 000 kopieë is verkoop.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



