Kiste bier gebuit na biertrok omslaan

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Trok vol bier het Dinsdagoggend, 29 November buite Heidelberg omgeslaan en aan ‘n klompie opportunistiese plunderaars, wat vinnig gespring het, kans gegee om ‘n paar kiste vir die feesseisoen te buit.

Die ongeluk het net na 06:00 ongeveer 25 km buite die dorp, in die rigting van Swellendam gebeur. 

Verbygaande motoriste en talle inwoners het binne enkele minute op die toneel toegesak en hul bakkies en motors vol kiste bier gelaai en weggery.

Niemand is tydens die ongeluk beseer nie.

Fotokrediet: Suid-Kaap Forum

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel