Hoewel die petrol Woensdag duurder word, is dit moontlik die kleinste styging nog vir die jaar.
Die finale syfers toon vir die oorsig van vyf weke is daar ‘n onderverhaling van 25c per liter op die 95-oktaan-petrol en 16c liter op 93-oktaan.
‘n Onderverhaling is met hoeveel dit sou moes styg gegrond op twee faktore: internasionale brandstofpryse en die rand-dollar-wisselkoers.
Die nuwe brandstofpryse sal Woensdag 7 Desember in werking tree. Die departement van minerale bronne en energie kan nou enige dag die finale pryse aankondig.
Vanaf Januarie tot November het 95-oktaan-petrol in Gauteng met R2,58 per liter duurder geword en aan die kus R2,65 per liter.
Diesel het met 0,05% gestyg, wat R7,57 per liter in Gauteng duurder is en R7,53 aan die kus.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



