Man se neus afgebyt tydens rusie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Gholfspeler het sy gholfmaat se neus in ‘n parkeerarea afgebyt oor ‘n rondte gholf.

Mark Curtis Wells (51), van Biloxi, Mississippi, VSA het volgens abcnews van die toneel weggejaag, maar homself later by ‘n polisiekantoor oorgegee.

Die slagoffer is in die hospitaal opgeneem, maar sy neus is nog nie gevind nie.

Volgens ooggetuies was Wells en sy gholfmaat heeldag haaks met mekaar oor hulle spel.

Wells is in hegtenis geneem en in die Hancock Country-tronk gestop, maar binne ‘n uur vrygelaat nadat hy 10% van sy $50 000 borg betaal het. Hy kan tot sewe jaar tronkstraf kry indien hy skuldig bevind word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel