Broers sterf saam in ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Twee broers het Woensdag tragies in ‘n busongeluk gesterf.

Angelo Wagenaar (24) en Sydwell Keyster (25) het volgens die polisie omstreeks 12:00 Woensdag op die De Hoop-pad in Keyster se Golf TSI gery toe hy na bewering beheer oor die motor verloor het.

Die motor het om ‘n skerp draai gerol waarna Wagener uit die motor geslinger is. Hy is op die toneel dood verklaar.

Keyster is in die hospitaal opgeneem, maar het aan sy wonde beswyk.

Volgens die familiewoordvoerder, Charlene Africa, het die ander motor, waarmee hulle na bewering gedice het, het van die toneel verdwyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel