Cowboy-ontbyt

Deel hierdie storie / Share this story

Perfek vir ‘n lekker vinnige Saterdagoggend-onbyt.

Bestanddele:

1 ui, grofgekap
1 pakkie varkworsies, opgesny
1 rooi soetrissie, ontpit en grof gekap
1 geel soetrissie, ontpit en grof gekap
1 blikkie tamatie-en-uiesmoor
1 teelepel paprika
1 blikkie gebakte bone
Tabasco-sous
4 meeltortillas
½ koppie cheddarkaas, gerasper

Metode:

Verhit ‘n braaipan tot matige hitte en braai die uie tot sag.
Voeg die varkworsies by en braai tot goudbruin.
Voeg die rooi en geel soetrissies by die mengsel.
Voeg die blikkie tamatie-en-uiesmoor en paprika by en prut vir 10 minute tot effens verdik.
Roer die gebakte bone by en geur goed met sout, gemaalde swartpeper en ‘n stewige skootjie Tabasco-sous.
Plaas lepels vol in elk van die tortillas.
Besprinkel met die cheddarkaas en vou toe.
Bedien warm.

Bron: RSG Resepte
Plasing: Henriette Wessels/ WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel