Belangrik! Brekende nuus: Indien meer inligting ontvang word, sal die berig opgevolg word.
Alle skole in Boksburg, Oos-Rand-area is ontruim weens ‘n bomdreigement wat aan verskeie skole gerig is.
Denise Janse van Rensburg, raadslid van die VF Plus, het die volgende kommunikasie van die SAPD en sekuriteitsdienste op hulle amptelike Facebook-blad geplaas:
“Bomb Threat to Schools in Boksburg are being investigated by SAPS. Please remain calm. Nothing has been confirmed so far. The schools are clear but SAPS and Security Sector are at schools assisting and keeping us up to date with new developments.”
Zettie Potgieter het om 10:06 op die SA911 Facebook-blad gesê dat alle skole ontruim word en verskeie eenhede is na skole wat geraak word.
Ria van Wyk het op haar Facebook-blad bekendgemaak dat die volgende skole die dreigement ontvang het:
Concordia, Baanbreker, Parkdene, Westwood en EG Jansen. Sy noem dat alle sekuriteitsmaatskappye reeds laat weet het dat alles onder beheer is en vir kalmte gevra het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.iND iT het polisie gevra vir kommentaar.



