Bendegeweld reg voor polisiestasie – brei uit na ander grondgebied

Deel hierdie storie / Share this story

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek tans twee moorde en verskeie sake van poging tot moord met bendegeweld wat binne ‘n kort tydperk verskeie persone beseer en gedood het voor en in die omgewing van Manenberg-polisiestasie.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n bendelid reg voor Manenberg-polisiestasie geskiet is.

Op die foto kan gesien word waar die bendelid met sy skietwonde op die grond lê.

Bendegeweld vier hoogty en dit word nie meer helder oordag weggesteek, of waar dit gebeur, of wie in die slag bly nie.

Op navraag van FiND iT oor ‘n vlaag van skietvoorvalle wat onder die loep is, het Twigg gesê dat daar na bewering op Woensdag 30 November om ongeveer 14:00 ‘n skietgeveg tussen bendes op Duinefonteinweg voor die polisiestasie uitgebreek het.

“Die skietery het gelei tot konflik en vergelding in ander bendes se grondgebied.”

Nog voorvalle sluit ‘n voorval in Peta Court, Manenberg om 21:19 in toe drie mans, onderskeidelik 25, 21 en 19, geskiet en die 21-jarige gesterf het.

Om 21:30 het polisie na nog ‘n voorval in Renosterstraat gegaan waar ‘n slagoffer en verdagte na bewering ‘n argument gehad het. Skote is van naby afgevuur waarna die slagoffe vyf skietwonde in sy rug opgedoen en op ‘n bed gesterf het.

Twee sake van moord en verskeie pogings tot moordsake is geregistreer en word deur die polisie ondersoek.

Op 1 Desember om 06:30 het ‘n 33-jarige man en sy ma (69) onder skoot gekom. Sy is in die rug gewond en na ‘n hospitaal geneem vir mediese behandeling, maar hy het omgekom.

Twigg het aan FiND iT bevestig dat die motief vir die voorvalle vermoedelik bendeverwant is.

Polisie en ander wetstoepassingsagentskappe is in die area ontplooi en sal daar bly totdat hulle tevrede is dat wet en orde herstel is.

“Ons speurders werk dag en nag om die skuldiges voor boek te bring.”

Enigiemand met inligting oor die skiet voorvalle word vriendelik versoek om die Manenberg-polisie by 021 699 9400 te kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.