‘n Vermeende huisrower is Woensdagaand om ongeveer 22:30 by ‘n huis te Ridgesideweg, Umgeni Park, Durban-Noord in KZN doodgeskiet.
Emer-G-Med se nood- mediese dienste is na ‘n toneel van ‘n skietvoorval uitgeroep. Met hul aankoms op die toneel het hulle ‘n man, vermoedelik in sy 30’s gevind wat noodlottige wonde opgedoen het. Hy is dood verklaar.
Na bewering was die man ‘n verdagte van ‘n huisroof by die betrokke huis. Omstandighede rondom die voorval word deur die polisie ondersoek.
FiND iT het vir polisiekommentaar gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



