Springbok-plaasvervanger Thomas du Toit geskors na rooi kaart

Deel hierdie storie / Share this story

Die Springbok-plaasvervanger Thomas du Toit is geskors ná sy rooikaartbotsing verlede Saterdag met Engeland se Luke Cowan-Dickie.

Die plaasvervanger-vaskop het eers in die tweede helfte van die Herfsnasiesreeks-eindstryd op Twickenham op die veld gekom. Sy skouer het teen die Engelse haker se kop geslaan. Hy is van die veld af gestuur met ’n rooi kaart.

Met die internasionale reeks nou verby, sal Du Toit sy gevolglike verbod van drie wedstryde by die Sharks in Durban uitdien, ‘n skorsing wat net twee weke sal duur as die voorryvoorspeler die plettervatprogram suksesvol voltooi.

Bronne: Rugby Pass, Planet Rugby

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Irannees dood na hy Iran se verlies in wêreldbeker vier