‘n Vierjarige kleuter van die Paarl, Thoscio Alexander, is Dinsdagogend net na 10:00 deur ‘n munisipale vragmotor doodgery.
Volgens sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, word ‘n saak van strafbare manslag ondersoek rakende die ongeluk wat in Evettestraat plaasgevind het.
Besonderhede oor wat presies tot die ongeluk gelei het, is nog onbekend. Al inligting wat tot dusver aan FiND iT gegee is, is dat Alexander, wat saam met ‘n familiekind en vriend was, reg van voor getref is.
Die Drakenstein-munisipaliteit het hul meegevoel met die familie in ‘n verklaring betoon.
Daar is bevestig dat een van die munisipaliteit se werkers, wat ‘n munisipale voertuig bestuur het, by die voorval betrokke was.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



